Die 1982 Affies


Volgende Kuier
22 November 2025
Ons Jaarafsluiting vir 2025 is by Stoney en Lizelle se huis in Pretoria. 'n Omsend-epos is vir die doel uitgestuur. Kontak ons gerus indien jy dit nie gekry het nie.





Poerie
Liewe Meneer Poerie,
Moet my asseblief nie moer nie?
My boude is gaar,
En my Biologie-taak is nie klaar!
Affie Vriendskap
Tussen 1978 en 1982 het ons skouergeskuur en vriendskapsbande gesmeë wat vandag, meer as veertig jaar later, nog steeds gekoester en onderhou word. As die laaste jaargroep van die sogenaamde Baby Boomer generasie, het ons 'n geweldige verskeidenheid eras en seisoene beleef.
Sommerso
En sommerso kom die son toe op vanoggend. So asof gister, 10 Augustus, nie 'n dag van slegte nuus was nie. En sommerso pynig die jig my voet, maar hierdie keer op 'n nuwe plek. Sommerso. My selfoon gons hier op my bedkassie soos wat die bank aankondig dat daar weer tolhektransaksies was.
Kat en Heksie
Hoe sê 'n mens koebaai vir Kat en Heksie? Die twee supermense wat sedert 1980 help vorm het aan my lewe, en aan honderde ander nes ek. Twee mense wat sagte voetspore in jou hart kom trap en dan net deernis agterlaat.
Skoollied
Daar ruis uit Pretoria
die roep tot verre trans
van duisende stemme
vir jou, ou Afrikaans!
Erekode
In ons skool gee ons die ereplek aan God en streef die Christelike lewensbeginsels na. Ons is dankbaar vir die talente wat ons van God ontvang het en wens dit aan tot Sy eer. Ons streef daarna om hulpvaardig te wees en om te dien.
Gereëlde Kuier Geleenthede
Afgesien van ons reünies elke 5 jaar, het ons elke jaareinde 'n braaigeleentheid in Gauteng en Kaapse Kelder Kuiers ander tye in die jaar. Elke eerste Donderdag van die maand ontmoet wie ook al dit kan inpas in sy skedule by 'n restaurant in Pretoria. Groot geleenthede word per e-pos gekommunikeer aan almal, en kleiner geleenthede word op die WhatApp groep gereël.
Teken in onderaan die blad
Hierdie webblad is propvol fotos van ons verlede, asook kommunikasie wat ons van tyd tot tyd stuur. Maar toegang is beperk tot die 1982 Affies. Elkeen het 'n gebruikernaam en wagwoord gekry om mee in te teken. As jy joune nie gekry het nie, stuur asseblief 'n boodskap vanaf die kontakblad hieronder?

Kontak

WhatsApp Groep
Ons het 'n WhatsApp groep waarby die 1982 Affies kan aansluit. Die knoppie hieronder is slegs beskikbaar NADAT jy met jou gebruikernaam en wagwoord hiernaas ingeteken het.Teken in





"Barnard! Kom hier!" het Kat streng gesê, sy rottang gevat en my agterstewe aan die brand geslaan omdat ek onmoontlik was in sy klas.
Ek weet, want sedert ek Affies verlaat het, het ek die Le Roux egpaar as mense leer ken wat hulle oud-Affie leerlinge met belangstelling gevolg het, en altyd bemoedig het. Fanie en Tertia le Roux se nalatenskap is 'n skare oudleerlinge wat aangename herrinneringe koester.
En dit is wat Fanie ons in sy toespraak by die eerste Kaapse Kelder Kuier genoem het: Hulle vriende. En dit was nie net woorde nie. Dit het in hulle dade ook uitgekom. Terwyl sy self gebuk gegaan het onder verskeie laste van 'n liggaam wat nie wou saamwerk nie, het Tertia altyd gereed gestaan met bemoedigende woorde vir ieder en elk. Sy wou weet hoe dit met almal gaan. Sy het saamgehuil met die wat deur 'n egskeiding gaan, en saamgelag met die wat die vreugde van kleinkinders ervaar.
En ons weet dat ons almal net so kwesbaar is. Nie een van ons kry voorkeurbehandeling as dit by die dood kom nie. Maar ek moet aangaan. Ek moet my personeelvergadering bywoon. Al ruk my hart binne my. Ek moet na 'n perseelinspeksie toe gaan. Sommerso. Ek moet voorraad in Johannesburg gaan haal. Terugkom. Aangaan. Dinge moet gebeur soos dit altyd gebeur – maar sonder 'n Leon en sonder 'n Tiaan.